LETTERATURA CAPRACOTTESE
GARE DI SCI A CAPRACOTTA
Istituto Nazionae Luce (1929)
"Gare di sci a Capracotta"
GARE DI SCI A CAPRACOTTA
Istituto Nazionae Luce (1929)
"Gare di sci a Capracotta"
IL RATTO DI BECKENBAUER
Flop TV (2009)
"La villa di lato"
di Maccio Capatonda (1978)
IL RATTO DI BECKENBAUER
Flop TV (2009)
"La villa di lato"
di Maccio Capatonda (1978)
IL RATTO DI BECKENBAUER
Flop TV (2009)
"La villa di lato"
di Maccio Capatonda (1978)
IL RATTO DI BECKENBAUER
Flop TV (2009)
"La villa di lato"
di Maccio Capatonda (1978)
VIRGILIO JUAN
CASTIGLIONE
Le arie popolari musicate da artisti capracottesi
NUNZIO
BACCARI
(1666-1738)
ALFONSO
FALCONI
ALFONSO
FALCONI
ALFONSO
FALCONI
NUNZIO
BACCARI
(1666-1738)

UYS KRIGE
(Città del Capo, 4 febbraio 1910 - Hermanus, 10 agosto 1987)
Giornalista e scrittore
Drie dae later, wanneer die reën ophou en die mis opklaar, vertrek die voortvlugtiges. Uys het moeite om die skape wat hy aandryf, bymekaar te hou, maar die ander wagters help hom. Die «nakende wilde skoonheid» van die Morrone, deel van die Apennyne-bergreeks, is vir hom net so indrukwekkend as dié van die Maluti's wat hy in 1939 in Basoetoland gesien het. Hy word getref deur «dieselfde stilte, dieselfde kaalheid en gebrek aan plantegroei, [...] net hier en daar die verdorde geraamtetjie van 'n bergdistel». Op die verdere tog, so word hulle meegedeel, moet hulle 'n paar grootpaaie oorsteek en drie riviere - die Sangro, die Trigno en die Biferno - deurgaan voordat hulle by Campobasso en die Geallieerde leërs sal uitkom. By Campo di Giove, waar die Duitsers toegeslaan en waar baie Italianers omgekom het, is daar weer die gevaar dat hulle gevang kan word, maar ook dié struikelblok kom hulle te bowe. Hulle steek die Bitterberg oor en vermy Palena, waar daar Duitsers mag wees. In die maanlig is die kruin van die berg «amper so skerp soos die lem van 'n mes, of die kiel van 'n enorme, omgekeerde boot». Hoog oor die Abruzzi «skyn die mórester so helder verlig dat dit skynbaar die maan in glans oortref». Hoewel 'n windjie baie koud oor die bergkruin waai, is alles so vars en vonkelend dat hulle «tegelykertyd 'n groot ontsag en 'n groot jutbeling» ervaar. Hulle steek die bergpad van Palena af oor en kom in 'n pragtige bos met herfskleure. Hulle gaan Capracotta verby, maar beland op 'n kronkelpad. Van 'n boer en sy skoondogter en later ook sy vrou ontvang hulle besondere gasvryheid. Hier kry die voortvlugtiges 'n goeie bord kos en slaapplek. Die ou man spoor hulle aan om goed te slaap totdat hy hulle die volgende oggend vir die verdere reis kom wakker maak en die pad wys. In die dorpie Cupello woon Pascuale Tucci, wat aanbied om hulle, al hou dit gevaar vir hom in, saam met 'n paar ander oor die laaste stukkie pad tot by Campobasso te neem. Sedert die wapenstilstand van meer as 'n maand tevore het Pascuale Tucci dit as sy heilige plig beskou om enige Geallieerde oudkrygsgevangene wat hy teëkom, onder sy beskerming te neem en veilig anderkant die Duitse kanonne aan sy mense terug te besorg.
-
J. C. Kannemeyer, Die goue seun: die lewe en werk van Uys Krige, Tafelberg, Cape Town 2002, p. 355.